Deense Wikipedia

Deense Wikipedia
Tipe webbladWiki
Taal(e)Deens
RegistrasieOpsioneel
EienaarWikimedia Stigting
Opgerig1 Februarie 2002
Huidige statusAktief
URLda.wikipedia.org

Die Deense Wikipedia (Deens: Dansk Wikipedia) is die Deense uitgawe van Wikipedia, 'n gratis aanlyn ensiklopedie.Die wikipedia is op 1 Februarie 2002 begin.

Dit het tans 300 699 artikels en is die 39ste grootste Wikipedia.

The Copenhagen Post-kritiek

35,8% van die Wikipedia-soektogte in Denemarke word aan die Deense Wikipedia gerig (in swart), 54,9% aan die Engelse (bruin). Taalweergawes van Wikipedia in Europese lande, September 2009 – Julie 2010.[1]

Op 16 Oktober 2012 word die Deense Wikipedia fel gekritiseer omrede hy nie soveel bydraersteun geniet, soortgelyk aan sy Nordiese eweknieë nie. Op die dag van die artikelskrywe het die Deense Wikipedia 'n bydraertal van 6 500 lede gehad, omtrent die helfte van dié van die Noorse en Finse Wikipedia, wat, geografies gesproke, min of meer soortgelyke bevolkingsgetalle as Denemarke het. Die artikel vergelyk ook die Deense Wikipedia met die Nederlandse weergawe en bereken dat, verhoudinggewys, daar vier keer meer administreurs is in die geval van die Nederlandse weergawe. Die Deense Wikipedia het teen publikasie 37 administrateurs en 24 patrolleerders gehad.

Ole Andersen, Wikipedia se woordvoerder in Denemarke, dink die gebrek aan belangstelling aan die weergawe kan toegeskryf word aan Dene wat hul Engelse behendigheid oorskat. Dit kan hul gebruikerskeuse beïnvloed, wat verduidelik hoekom die Engelse Wikipedia-weergawe by verre die gewildste onder Dene is as by hul Skandinawiese bure.

Hierdie voorkeur vir die Engelse webwerf beteken weer dat die Deense artikels geneig is om op gehaltevlak agterweë te bly, wat in 'n bose kringloop ontaard.[2]

Voorbeeld

Verwysings

Eksterne skakels