Damavand

Damavand (Persies: دماوند, [dæmävænd], ) is 'n rustende, maar potensieel aktiewe vulkaan in die Elboers-bergreeks van Iran. Die piek, wat in die noordelike provinsie Māzandarān geleë is, is op 'n hoogte van 5 610 m die hoogste in Iran en die hele Nabye Ooste. Dit is een van die Vulkaniese Sewe Kruine.

Damavand
Damavand in die somer Damavand in die somer
LiggingProvinsie Māzandarān, Iran
Hoogte5 610[1] meter bo seevlak
ReeksElboers-reeks
Koördinate35°57′19″N 52°06′33″O / 35.9553°N 52.1092°O / 35.9553; 52.1092
BergtipeStratovulkaan
Eerste bestyging905
Eerste bestyger(s)Abu Dolaf Kazraji
Maklikste roeteSuidroete
Vertaling van naamYsige berg (Persies)
Ligging van Damavand op 'n kaart (Iran)
Damavand
Damavand

Geografie

Damavand in die winter

Die Damavand verrys as 'n slapende vulkaankeël, wat tans slegs klein hoeveelhede rook uit sy krater blaas, sowat 70 km oos-noordoos van Teheran en suid van die Kaspiese See en toring bo die Elboers-reeks uit. Dit is naas Kilimandjaro in Kenia een van die hoogste vrystaande bergpieke ter wêreld. Die hoogteverskil tussen sy voet en sy spits beloop 4 700 m en dus aansienlik meer as dié van Berg Everest in die Himalajaberge.

Verwysings

Eksterne skakels

  • Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Damavand.
  • (en) "DAMĀVAND". Encyclopædia Iranica. Besoek op 13 April 2019.
  • (en) "Mount Damāvand". Encyclopædia Britannica. Besoek op 13 April 2019.