DSCH (Dmitri Sjostakovitsj)
DSCH is 'n musikale motief wat deur die Russiese komponis Dmitri Sjostakovitsj gebruik is om homself voor te stel, soortgelyk aan die manier waarop die BACH-motief Johann Sebastian Bach voorstel. Dit bevat die note D-E mol-C-B, of D-Es-C-H in Duitse notasie, wat vir sy voorletters (Д. Ш.) in die Duitse spelling (D. Sch.) van sy naam staan.
![](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/8/8d/Dschmotif.png/250px-Dschmotif.png)
Die motief kom in baie van sy werk voor, insluitend die Simfonie No. 10 in E mineur, die Strykkwartet No. 8 in C mineur, die Vioolkonsert No. 1 in A mineur, die Tjellokonsert No. 1 in E mol Majeur en die Opus 60 Klaviersonata No. 2 in B mineur.
DSCH Journal, die standaard joernaal vir Sjostakovitsjstudies, se naam kom van die motief, en "DSCH" word soms gebruik as 'n afkorting van die komponis se naam.