Chroom(III)oksied

chemiese verbinding

Chroom(III)oksied is 'n verbinding van chroom in sy +3 oksidasietoestand met suurstof met chemiese formule Cr2O3. Dit is een van verskeie oksiede van chroom: CrO2, CrO3, CrO4, Cr2O5 en Cr5O12 is ook bekend.[2]

Eienskappe

Algemeen

NaamChroom(III)oksied
Struktuurformule van
Struktuurformule van
Chemiese formuleCr2O3
Molêre massa151,99 [g/mol][1]
CAS-nommer1308-38-9[1]  
Voorkomsgroen vastestof[1]  
Reukreukloos[1]
Fasegedrag  
Selkonstantesa= 495,3; c = 1357,8 pm[2]  
RuimtegroepR3c[3] 
Nommer167  
StrukturberichtD5₁
Smeltpunt2 435 °C [1]
Kookpunt~4 000 °C [1]
Digtheid5,210 [1]
Oplosbaarheidonoplosbaar

Suur-basis eienskappe

pKa

Veiligheid

Flitspuntonbrandbaar[1] 
LD50>5 000 [mg/kg] (oraal; rot)

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Chemie

Die verbinding het 'n groen kleur en is 'n p-tipe halfgeleier met 'n taamlik groot bandgaping (E~3eV) [2] Dit kom in die natuur as die mineraal ekolaïet voor.[4]

Kristalstruktuur

Chroom(III)oksied kristalliseer in die trigonale korund-struktuur (D51 in die strukturbericht-klassifikasie).

Magnetiese eienskappe

Die chroomatoom het 'n [Ar]3d3-konfigurasie in 'n hoëspintoestand met 'n magnetiese moment μeff=2,48 Bohr-magneton. Die stof is 'n antiferromagneet met 'n Néeltemperatuur van 309K.[5]

Chemiese eienskappe

Chroom(III)oksied van met aluminiumpoeier gereduseer word om die metaal vry te stel in 'n termietreaksie analoog aan yster:

Die oksied is basies maar kan ook amfoteries optree.

Groen Cr2O3 word gevorm as rooi chroom(VI)oksied, wat 'n kragtige oksideermiddel is, in kontak kom met organiese stowwe soos alkohol kom.[6]

Die verbinding vorm 'n volledige reeks mengkristalle met aluminiumoksied (korund) Al2-xCrxO3. Die mengskristalle se kleur is rooi vir x<0,08 en word groen vir x>0,20. Die eenheidsel se volume volg Vegard se wet en neem lineêr toe van 0,257 tot 0,290 nm3. Korundkristalle wat met chroom gedoteer is Al2O3:Cr word robyne genoem.[7]

Chroom(III)oksied kan gebruik word om chroomboried te vorm:[7]

Die verbinding kan met ander metaaloksiede chromiete vorm soos nikkelchromiet. Suurstof kan chemiese damptransport bevorder deurdat teen hoër temperature chroom(VI)oksied in ewewig gevorm word wat effens vlugtig is:[7]

Gebruike

Dit het 'n wye verskeidenheid toepassings soos: katalisators, waterstofberging, slytvastheidsmateriale, kleurstowwe en pigmente, gevorderde kleurmiddels, digitale opnamestelsel, swart matriksfilms, sonkragaanwendings, bedekkingsmateriaal vir termiese beskerming, en elektrochrome materiale.[2]

Dit besit 'n hoë elektriese geleidingsvermoë en word as 'n belangrike vuurvaste materiaal gebruik vanweë sy hoë smelttemperatuur (≈2300 °C) en hoë-temperatuur oksidasieweerstand, hoewel dit swak sintervermoë toon. wat moontlik 'n gevolg van sy lae digtheid is.[2]

Verwysings