Choedjand

Choedjand (Tadjiks: Хуҷанд; Russies: Худжанд), tussen 1939 en 1992 Leninabad, is die tweede grootste stad van Tadjikistan ná die hoofstad Doesjanbe. Dit is geleë aan die Sirdarja-rivier aan die mond van die Fergana-vallei. Die bevolking van die stad is 149 000 (2000-sensus). Dit is ook die hoofstad van die mees noordelike provinsie van Tadjikistan.

Choedjand
Хуҷанд

KaartVlag
Wapen
 LandVlag van Tadjikistan Tadjikistan
 ProvinsieSughd
 Koördinate40°17′N 69°37′E / 40.283°N 69.617°O / 40.283; 69.617
 Gestig op329 v.C.
 Oppervlakte: 
 - Totaal40 vk km
 Hoogte bo seevlak300 m
 Bevolking: 
 - Totaal (2010)165 000
 - Bevolkingsdigtheid4 125/vk km
 TydsoneUTC +5
 Burgemeester
 Amptelike webwerfkhujand.tj