Charlene, Prinses van Monaco

Charlene, Prinses van Monaco (gebore as Charlene Lynette Wittstock; geboortedatum: 25 Januarie 1978) is die Prinses van Monaco en die vrou van Albert II, Prins van Monaco. Sy is ook 'n voormalige rugslagswemmer en lid van die Suid-Afrikaanse Olimpiese swemspan.

Charlène, Prinses van Monaco
Prinses van Monaco

NaamCharlene
Volle naamCharlene Lynette Grimaldi, gebore Wittstock
TitelHaar Deurlugtige Hoogheid die Soewereine Prinses van Monaco
Gebore25 Januarie 1978 (1978-01-25) (46 jaar oud) , Bulawayo, Rhodesië
VoorgangerPrinses Grace van Monaco
EggenoteAlbert II van Monaco
HuisGrimaldi
(deur haar huwelik)
VaderMichael Kenneth Wittstock
MoederLynette Humberstone Wittstock
KindersPrinses Gabriella en
Prins Jacques (tweeling)

Sy is in die Rhodesiese (die huidige Zimbabwe) stad Bulawayo gebore as dogter van Michael Kenneth Wittstock, eienaar van 'n rekenaarmaatskappy, en Lynette Humberstone, 'n voormalige kompetisieswemmer. In 1989 verhuis sy en haar familie na Suid-Afrika. Sy is van Duitse, Engelse en Ierse herkoms. Charlene praat minstens drie tale: Afrikaans, Engels en Frans.

As swemmer neem sy aan die Olimpiese Somerspele van 2000 in Sydney deel, waar sy met die Suid-Afrikaanse aflos in die 4x100m wisselslag in die vyfde plek eindig. Sy behaal ook verskeie nasionale titels.

In 2000 leer sy prins Albert van Monaco tydens die Monaco Grand Prix ken. Sedert 2006 het hulle 'n verhouding en op 23 Junie 2010 is die twee amptelik verloof. Die burgerlike huwelik is op 1 Julie 2011 deur Philippe Narmino, die voorsitter van die Monegaskiese Raad van State, voltrek. Die kerklike huwelik vind op 2 Julie 2011 in die binnehof van die prinslike paleis plaas. Die mis is deur aartsbiskop Bernard Barsi van Monaco gelei. Sedert haar huwelik staan sy amptelik as Haar Deurlugtige Hoogheid Prinses Charlène van Monaco bekend, 'n titel wat laas deur Albert se moeder, prinses Grace Kelly, gedra is.

Eksterne skakels