Cesca-stoel

Die Cesca-stoel is 'n stoel wat in 1928 deur Marcel Breuer, ontwerp is. Die stoel is van buisvormige staal gemaak.[1] Die stoel is Cesca genoem as huldeblyk aan Breuer se aangenome dogter Francesca (met die bynaam Cheska).[2] In 1968 het Knoll Associates (tans bekend as die Knoll-groep), die stoel gekoop. Sedertdien is ongeveer 250 000 van die stoele verkoop.[3] Die drie amptelike vervaardigers van die stoel was: Thonet (vanaf 1927), Gavina (1950's) en Knoll (1960's).[4]

Cesca-stoel, in 1928 ontwerp deur Marcel Breuer

In 1928 was dit van die eerste stoele wat van buisvormige staal, met 'n rottangsitplek en -rugleuning, gemaak is. Dit was een van die tien algemeenste stoele van hierdie tipe. Een van die oorspronklike stoele uit daardie tydperk is in die Museum of Modern Art in Manhattan.[5] Cara McCarty, mede-kurator van die departement argitektuur en ontwerp by die Museum of Modern Art, het na die stoel verwys as “een van die tien belangrikste stoele van die 20ste eeu.” [6]

Verwysings