Cannes-rolprentfees 1962

Die 15de Cannes-rolprentfees is van 7-23 Mei 1962 in Cannes, Frankryk, gehou.[1] Die Palme d'Or is toegeken aan O Pagador de Promessas deur Anselmo Duarte.[2] Die fees is geopen met The Lovers of Teruel (Les Amants de Teruel) deur Raymond Rouleau. Tetsurō Furukaki van Japan was die president van die jurie.

  Cannes-rolprentfees 1962 

Datum7-23 Mei 1962
PlekCannes, Frankryk
Getal prente 35 in kompetisie
27 kortprente
Webtuiste Cannes-rolprentfees
Belangrike prente 
Openingsfliek The Lovers of Teruel
(Les Amants de Teruel)
Palme d'Or O Pagador de Promessas

Tydens die Cannes-fees van 1961 het Robert Favre le Bret, die artistieke direkteur van die fees, met die toestemming van die Association Française de la Critique de Cinéma besluit om die International Critics' Week tydens die volgende fees te hou. In 1962 het dié parallelle deel van die fees vir die eerste keer plaasgevind. Die doel daarvan was om eerste en tweede werke van regisseurs van oor die wêreld te vertoon, sonder om toe te gee aan kommersiële neigings.[3]

Pryse

Katharine Hepburn, medewenner vir beste aktrise.
Jason Robards, medewenner vir beste akteur.

Van die mense en prente wat in 1962 pryse ontvang het, is:[4][5]

  • Palme d'Or: O Pagador de Promessas deur Anselmo Duarte
  • Jurieprys: L'Eclisse deur Michelangelo Antonioni en The Trial of Joan of Arc (Procès de Jeanne d'Arc) deur Robert Bresson
  • Beste akteur: Dean Stockwell, Jason Robards en Ralph Richardson vir Long Day's Journey into Night en Murray Melvin vir A Taste of Honey
  • Beste aktrise: Katharine Hepburn vir Long Day's Journey into Night en Rita Tushingham vir A Taste of Honey
  • Beste komedie: Divorce, Italian Style (Divorzio all'italiana) deur Pietro Germi

Kortprente

  • Palme d'Or: An Occurrence at Owl Creek Bridge (La Rivière du Hibou) deur Robert Enrico
  • Jurieprys: Oczekiwanie (L'attente') deur Witold Giersz en Ludwig Perski

Verwysings

Eksterne skakels