Cannes-rolprentfees 1957

Die 10de Cannes-rolprentfees is van 2-17 Mei 1957 in Cannes, Frankryk, gehou.[1] Die Palme d'Or is toegeken aan Friendly Persuasion deur William Wyler.[2] Die fees is geopen met Around the World in 80 Days deur Michael Anderson.[3] Die Franse skrywer André Maurois was die president van die jurie.

  Cannes-rolprentfees 1957 

Datum2-17 Mei 1957
PlekCannes, Frankryk
Getal prente 31 in kompetisie
29 kortprente
Webtuiste Cannes-rolprentfees
Belangrike prente 
Openingsfliek Around the World in 80 Days
Palme d'Or Friendly Persuasion

In 1957 was Dolores del Río die eerste vrouelid van die jurie vir die amptelike keuring.[4]

Pryse

André Maurois, president van die jurie.
William Wyler, wenner van die Palme d'Or.

Van die mense en prente wat in 1957 pryse ontvang het, is:[5][2]

  • Palme d'Or: Friendly Persuasion deur William Wyler
  • Beste regisseur: Robert Bresson vir A Man Escaped
  • Beste akteur: John Kitzmiller vir Valley of Peace (Dolina miru)
  • Beste aktrise: Giulietta Masina vir Nights of Cabiria
  • Jurieprys: Kanał deur Andrzej Wajda en The Seventh Seal deur Ingmar Bergman

Kortprente

  • Palme d'Or: A Brief History (Scurtă Istorie) deur Ion Popescu-Gopo
  • Spesiale vermelding: Ochotniki iujnikh morey (Les chasseurs des mers du sud) deur S. Kogan
  • Beste dokumentêr: City of Gold deur Colin Low en Wolf Koenig

Verwysings

Eksterne skakels