Cagliari

italiaanse munisipaliteit, hoofstad van die metropolitaanse stad met dieselfde naam en van die outonome streek Sardinië

Cagliari (Italiaans: [ˈkaʎʎari], ; Sardies: Casteddu, [kasˈteɖːu]) is die hoofstad en grootste stad van Sardinië, 'n outonome gewes in die suidweste van Italië in die Middellandse See. Die stad het in 2015 'n bevolking van 154 460 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 85,45 km². Cagliari is in die 7de eeu v.C. deur Fenisiese handelaars gestig en het in die 4de eeu v.C. aan Kartago behoort. Aansluitend is dit deur die Romeine verower. Dit was een van die gasheerstede tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1990.

Cagliari
Casteddu

KaartWapen
Vlag
 LandVlag van Italië Italië
 Administratiewe gewes Sardinië
 Koördinate39°13′N 09°07′O / 39.217°N 9.117°O / 39.217; 9.117
 Stigting7de eeu v.C.
 Oppervlakte: 
 - Totaal85,45 vk km
 Hoogte bo seevlak4 m
 Bevolking: 
 - Totaal (2015)154 460
 - Bevolkingsdigtheid1 800/vk km
 TydsoneUTC +1 (MET)
 - SomertydUTC +2 (MEST)
 BurgemeesterPaolo Truzzu (FDI)
 Amptelike webwerfcomune.cagliari.it

Eksterne skakels