Bioenergie

Bioenergie is hernubare energie wat uit materiale met biologiese oorsprong verkry word. In sy nouste begrip is bioenergie sinoniem met biobrandstof – brandstof wat vanuit biologiese bronne afkomstig is. In 'n meer breër begrip verwys dit ook na biomassa – die biologiese materiaal wat as biobrandstof gebruik word – asook die sosiologiese, ekonomiese, wetenskaplike en tegnologiese studies wat op die verbruik van biologiese bronne vir energie fokus. Daar bestaan 'n effense tendens om eerder “bioenergie” in Europa te gebruik, en “biobrandstof” in Noord-Amerika.

Sien ook

Eksterne skakels