Besigheidsprosesbestuur

Besigheidsprosesbestuur benut tegnologie om die uitvoering van besigheidsprosesses te outomatiseer en te koördineer te midde van die toenemende kompleksiteit van besigheidsprosesse.

Drywers

Die volgende drywers het 'n fokus geplaas op besigheidsprosesbestuur:

  • Besigheidsprosesontwerp waartydens meer klem geplaas word op die aanwending van tegnologie om aktiwiteite binne 'n proses te belyn.
  • Kundigheidsbestuur wat vereis dat die korrekte inligting beskikbaar is by elke besluitnemingspunt in die besigheidsproses.
  • Die druk op meer akkurate vlakke van samewerking tussen verskeie partye oor die uitgebreide voorsieningskanaal te bewerkstellig.
  • Die snel vooruitgang en toepassing van inligtingstegnologie om inligting oor die hele onderneming te bestuur.

Doelwitte

Die doelwitte van besigheidsprosesbestuur is;

  • om beter integrasie te bewerkstellig tussen inligtingstegnologie en menslike aksies,
  • om beter oorhoofse beheer oor 'n proses te kry van die beginpunt tot eindpunt van die proses,
  • om die uitvoering van die proses te monitor ten einde vroegtydig afwykings en vertragings in die proses na te speur sodat korrektiewe aksies geneem kan word,
  • om die besigheidsproses se prestasievlakke deurlopend te monitor en te verbeter en
  • om die proses se hoeveelheid menslike aktiwiteite in te kort tot die noodsaaklikste.

Komponente

'n Besigheidsprosesbestuursoplossing bestaan uit die volgende komponente: