Bayer

Bayer AG is 'n Duitse multinasionale farmaseutiese en lewenswetenskappe-maatskappy en een van die grootste farmaseutiese maatskappye in die wêreld. Die hoofkwartier is in Leverkusen, waar sy verligte korporatiewe logo, die Bayer kruis, 'n landmerk is. Bayer se besigheidsvelde is onder meer menslike en diergeneeskunde; verbruikersgesondheidsorgprodukte; landbouchemikalieë en biotegnologieprodukte; en hoëwaarde-polimere. Werner Baumann is die uitvoerende hoof vanaf 2016.[2] Bayer se netto inkomste het in die fiskale jaar 2018 sowat €1,7 miljard beloop.[3]

Bayer AG
TipeAandelemaatskappy
Gestig1863 – Leverkusen, Duitsland[1]
Stigter(s)Friedrich Bayer
HoofkantoorLeverkusenDuitsland
Sleutelpersone
  • Werner Baumann
  • Werner Wenning
Gebied bedienWêreldwyd
Inkomste€39,6 miljard (2018)
Netto inkomste€1,7 miljard (2018)
Werknemers116 998 (2018)
Webwerfbayer.com
Bayer-fasiliteit in Leverkusen

Bayer se eerste en bekendste produk was aspirien in 1863 as 'n kleurstoffabriek in Barmen gestig. In 1898 het Bayer die handelmerk vir die naam heroïen gestig, en die dwelm-diacetylmorfien tot 1910 as 'n hoesonderdrukkende en nieverslawende plaasvervanger vir morfine bemark. Bayer het ook phenobarbital en prontosil bekendgestel, die eerste wydverspreide antibiotika en die onderwerp van die 1939 Nobelprys in Geneeskunde.

Verwysings

Eksterne skakels