Bautzen

Bautzen (Duits: [ˈbaʊtsən], Opper-Sorbies: Budyšin ) is 'n stad in die ooste van die Duitse deelstaat Sakse net noord van die grens tot Tsjeggië en net wes van die grens tot Pole. Die stad het 'n bevolking van sowat 39 000 en is die administratiewe setel van die gelyknamige distrik.

Bautzen
Budyšin

KaartWapen
Wapenskild
 LandVlag van Duitsland Duitsland
 Deelstaat Sakse
 DistrikBautzen
 Koördinate51°11′N 14°25′E / 51.183°N 14.417°O / 51.183; 14.417
 Stigting (eerste verwysing)1002
 Stadstatus1157/1213
 Oppervlakte: 
 - Totaal66,62 vk km
 Hoogte bo seevlak204 m
 Bevolking: 
 - Totaal (31 Desember 2010)39 475
 - Bevolkingsdigtheid593/vk km
 TydsoneUTC +1 (MET)
 - SomertydUTC +2 (MEST)
 Klimaat 
 - TipeGematigde klimaat
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur8,5 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie-°C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslag- mm
 BurgemeesterAlexander Ahrens
 Amptelike Webwerfwww.bautzen.de
Tweetalige padteken in Bautzen (Opper-Sorbies: Budyšin)

Bautzen, wat aan die Spreerivier geleë is, is die historiese hoofstad van die streek Opper-Lausitz en word daarnaas as die politieke en kulturele sentrum van die Sorbe beskou, alhoewel slegs 'n minderheid van sy bevolking (tussen vyf en tien persent) etniese Sorbe is.

Eksterne skakels