Batonium

Periode/
sisteem
Epog/
serie
Tydsnede/
etage
M. jaar
gelede
KrytVroegBerriasiumjonger
JuraLaatTitonium145,0–152,1
Kimmeridgium152,1–157,3
Oxfordium157,3–163,5
MiddelCallovium163,5–166,1
Batonium166,1–168,3
Bajosium168,3–170,3
Aalenium170,3–174,1
VroegToarsium174,1–182,7
Pliensbachium182,7–190,8
Sinemurium190,8–199,3
Hettangium199,3–201,3
TriasLaatRhaetiumouer
Die verdeling van die Jura (IKS).

Die Batonium is ’n chronostratigrafiese etage sowel as ’n geologiese tydsnede van onderskeidelik die sisteem en periode Jura (serie/epog Middel-Jura). Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.

Die tydperk was van sowat 168,3 tot 166,1 miljoen jaar gelede.[1] Dit is voorafgegaan deur die Bajosium en gevolg deur die Callovium.

Naam en definisie

Die Batonium is genoem na die Engelse stad Bath. Die basis van die etage word gedefinieer deur die eerste voorkoms van die ammoniet Parkinsonia (G.) convergens en die bokant deur die eerste voorkoms van die ammonietgenus Kepplerites.

In Suid- en Midde-Europa word die Batonium gekenmerk deur kalksteenafsettings wat ryk was aan fossiele van ongewerweldes.

Verwysings

Bronne

  • (en) Gradstein, F.M.; Ogg, J.G.; Schmitz, M.D. & Ogg, G.M.; 2012: A Geologic Time Scale 2012, Elsevier, ISBN 0444594256.