Barremium

Periode/
sisteem
Epog/
serie
Tydsnede/
etage
M. jaar
gelede
PaleogeenPaleoseenDaniumjonger
KrytLaatMaastricht66,0–72,1
Campanium72,1–83,6
Santonium83,6–86,3
Coniakium86,3–89,8
Turonium89,8–93,9
Senomanium93,9–100,5
VroegAlbium100,5–~113,0
Aptium~113,0–~125,0
Barremium~125,0–~129,4
Hauterivium~129,4–~132,9
Valanginium~132,9–~139,8
Berriasium~139,8–~145,0
JuraLaatTitoniumouer
Die verdeling van die Kryt (IKS).

Die Barremium is ’n chronostratigrafiese etage sowel as ’n geologiese tydsnede van onderskeidelik die sisteem en periode Kryt (serie/epog Vroeë Kryt). Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.

Die tydperk was van sowat 129,4 tot 125 miljoen jaar gelede.[1] Dit is voorafgegaan deur die Hauterivium, en gevolg deur die Aptium.

Naam en definisie

Die Barremium is in 1873 deur Henry Coquand genoem na Barrême in die Franse département Alpes-de-Haute-Provence.

Die basis van die etage word gedefinieer deur die eerste voorkoms van die ammoniete Spitidiscus hugii en S. vandeckii, en die bokant deur die eerste voorkoms van die magnetiese chronosone M0r. Die etage word onderverdeel in 11 sones volgens die voorkoms van ammonietsoorte.

Verwysings

Bronne

  • (en) Gradstein, F.M.; Ogg, J.G.; Schmitz, M.D. & Ogg, G.M.; 2012: A Geologic Time Scale 2012, Elsevier, ISBN 0444594256.