Banks-eiland

Banks-eiland (Engels: Banks Island), die wêreld se 24ste grootste eiland en die vyfde grootste eiland van Kanada, beslaan 'n oppervlakte van 70 028 km². Banks-eiland behoort tot die Kanadese Arktiese Argipel. Die eiland is in die noorde van Kanada in die Arktiese Oseaan geleë en maak deel uit van die Noordwestelike gebiede. Banks-eiland grens in die weste aan die Beaufortsee, in die suide aan die Golf van Amundsen, in die noorde aan die McClure-straat en in die ooste is die Victoria-eiland geleë. Dit is die westelikste eiland van die Kanadese Arktiese Argipel en genoem na die Britse natuurkundige Joseph Banks, wat James Cook op sy reise vergesel het.

Banks-eiland
Inheemse naam: Banks Island
Nasa-Satellietbeeld van die Banks-eiland
Nasa-Satellietbeeld van die Banks-eiland
Geografie

LiggingNoord-Kanada, Arktiese Oseaan
Koördinate73°00′N 121°30′W / 73°N 121.5°W / 73; -121.5
ArgipelKanadese Arktiese Argipel

Oppervlakte70 028 vk km
Hoogste puntDurham Heights 730 m
Administrasie
Vlag van Kanada Kanada
Gebied Noordwestelike gebiede

Grootste stadSachs Harbour

Demografie
Bevolking136

Die wêreld se 24ste grootste eiland en die vyfde grootste eiland van Kanada
Ligging van die Banks-eiland
Kaart van die Banks-eiland

Eksterne skakels

  • Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Banks-eiland.
  • (en) "Banks Island". Encyclopædia Britannica. Besoek op 10 Mei 2020.
  • (en) "Banks Island". The Canadian Encyclopedia. Besoek op 10 Mei 2020.