Azerbeidjanners

die tweede grootste Turkse etniese groep
Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Azerbeidjans.

Die Azerbeidjanners (Azerbeidjans: Azərbaycanlılar, آذربایجانلیلار) of Azeris (Azərilər, آذریلر), ook bekend as Azerbeidjanse Turke[42] (Azərbaycan Türkləri آذربایجان تورکلری), vorm naas die Turke die tweede grootste Turkse etniese groep, die grootste inheemse etniese groep in die Kaukasus-streek en naas die Perse die tweede grootste etniese groep in Iran.[43] Hulle vorm die titulêre nasie van Azerbeidjan, waar hulle sowat 91,6% van dié land se bevolking uitmaak, en praat Azerbeidjans, 'n Turkse taal, as moedertaal.

Azerbeidjanners

Totale bevolking:ca. 28–35 miljoen[1][2]
Belangrike bevolkings  in:Vlag van Iran Iran meer as 15 miljoen[3] óf

12,9–18 miljoen[4][5][6][7] óf
18–27 miljoen[8][9][10][11]
Vlag van Azerbeidjan Azerbeidjan 8,2 miljoen[12]
Vlag van Rusland Rusland 603 070–1,5 miljoen[13][14]
Vlag van Turkye Turkye 530 000–800 000[14][15]
Vlag van Georgië Georgië 284 761[16]
Vlag van Kasakstan Kasakstan 85 292[17]
Vlag van Oekraïne Oekraïne 45 176 [18]
Vlag van Oesbekistan Oesbekistan 44 400[19]
Vlag van Turkmenistan Turkmenistan 33 365[20]
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 24 377–400 000[21][22][23]
Vlag van Nederland Nederland 18 000[24]
Vlag van Kirgisië Kirgisië 17 823[25]
Vlag van Duitsland Duitsland 15 219[26]
Vlag van Verenigde Arabiese Emirate Verenigde Arabiese Emirate 7 000[27]
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk 6 220[28]
Vlag van Belarus Belarus 5 567[29]
Vlag van Kanada Kanada 4 580[30]
Vlag van Letland Letland 1 657[31]
Vlag van Oostenryk Oostenryk 1 000[32]
Vlag van Estland Estland 923[33]
Vlag van Litaue Litaue 648[34]
Vlag van Noorweë Noorweë 501[35]
Vlag van Australië Australië 290[36]

Taal:Azerbeidjans
Geloofsoortuiging:Hoofsaaklik Sjiitiese Islam, minderhede van Soenniete, Baha’i,[37] Zoroastrisme,[38] ongebonde,[39] Christendom[40][41]
Verwante etniese groepe:Ander Turkse volke soos Basjkiriërs, Gagaoesiërs, Karakalpakke, Kasakke, Kirgisiërs, Oeigoere, Oesbeke, Tartare, Tsjoewasjiërs, Turke en Turkmene; Perse
Etniese kaart van die Kaukasus-streek
Sjah Ismail I (1487–1524), stigter van die Safawidiese Ryk in 1501, was van Azerbeidjanse afkoms

Wêreldwyd leef tussen 28 en 35 miljoen Azerbeidjanners, waarvan meer as 15 miljoen in Iran en sowat 8,2 miljoen in Azerbeidjan.[44] In Iran leef hulle veral in die noordooste in die streek Azerbeidjan, saam met minderhede soos Koerde, Armeniërs en Perse. Hulle vorm die meerderheid in die vier Irannese provinsies van Wes-Azerbeidjan, Oos-Azerbeidjan, Ardabil en Zanjan. In Rusland leef tussen 603 070 en 1,5 miljoen Azerbeidjanners, waarvan meer as 130 000 in die Noord-Kaukasiese Republiek van Dagestan. In Turkye leef tussen 530 000 en 800 000 Azerbeidjanners, veral in die oostelike provinsies van Iğdır en Kars. 284 761 Azerbeidjanners leef in die suidooste van Georgië, waar hulle 6,5% van dié land se bevolking uitmaak en die grootste etniese minderheid vorm.

Verwysings

Eksterne skakels