Australiese Alpe

Die Australiese Alpe (Engels: Australian Alps) is die hoogste bergreeks van Australië.[1][2] Dit is in die suidelike Australië geleë en streek oor die deelstaate en gebiede Victoria, Nieu-Suid-Wallis en die Australiese Hoofstadgebied. Die Australiese Alpe bevat Australië se enigste bergpieke met 'n hoogte van meer as 2 000 meter bo seevlak. Die Australiese Alpe is die enigste biostreek in Australië waar jaarlikse sneeuval voorkom en dus die enigste geskikte plek van dié land vir wintersportsoorte soos ski en sneeuplankry. Hulle streek oor 'n gebied van meer as 12 330 km².[3]

'n Uitsig oor 'n weiland met strooiblomme op Mount Hotham na Mount Feathertop (Victoriaanse Alpe)
Mount Feathertop, Victoria, Australië

Die Australiese Alpe behoort tot die Groot Skeidingsgebergte, 'n bergreeks wat vir meer as 3 000 km van die noordelike Queensland oor Nieu-Suid-Wallis en die noordelike Victoria streek.[4] Dié bergreeks skei die dreinering van riviere wat in 'n oostelike rigting in die Tasmansee vloei van dié wat in 'n westelike rigting na die Murray-Darling-Murrumbidgeebekken (en dus na die Suidelike Oseaan) of na binnelandse mere, soos die Eyremeer – wat onder seevlak is – vloei of andersins vinnig verdamp. Die hoogste bergpieke van die Great Dividing Range is in die Australiese Alpe geleë. Mount Kosciuszko is met 2 228 meter bo seevlak die hoogste bergpiek op die vasteland van Australië, gevolg deur Mount Townsend met 2 209 meter.

Verwysings

Eksterne skakels