Ask en Embla
eerste twee mense, geskep deur die gode in die Noorse mitologie
In die Germaanse mitologie is Ask en Embla die eerste mense, geskape deur Wodan, Wili en Wé uit hout wat hulle op die wêreldstrand gevind het, tydens die ontstaan van die Germaanse skeppingsgeskiedenis. Ask en Embla word genoem in die Edda en die Voluspa.
![](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/3/3a/Faroe_stamp_430_The_First_Human_Beings.jpg/220px-Faroe_stamp_430_The_First_Human_Beings.jpg)
![](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/4/4a/Ask_and_Embla_by_Robert_Engels.jpg/220px-Ask_and_Embla_by_Robert_Engels.jpg)
In talle mitologieë ontstaan die mens uit hout of uit bome. (Ask beteken Es en Embla beteken Iep of Slingerplant).
Uit die twee houtstompe skep die drie-eenheid Wodan, Wili en Wé hierdie eerste mense paar. Wodan skenk lewe, asem en spraak. Wili skenk bewussyn en bewegingsvermoë. Wé, skenk ten slotte 'n mooi uiterlik en gehoor.
Met die koms van die Christendom na Wes-Europa, word hierdie Germaanse mense paar verban en vervang deur die Joodse Adam en Eva.
🔥 Top keywords: TuisbladSpesiaal:SoekThys die BosveldklongApokkeSpesiaal:Onlangse wysigingsVeelvuldige skleroseCarles PuigdemontVarkgriepSeksCleopatra VIIBreyten BreytenbachCobus RossouwMia GothJan BreytenbachSwangerskapSeksposisieWikipedia:GebruikersportaalLongontstekingTweede WêreldoorlogWikipedia:Welkom nuwelingeWikipediaOraniaFietsryrewolusieWikipedia:GeselshoekieLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaGordelroosWikipedia:HulpCobus Rossouw jr.Suid-AfrikaSkildklierHulp:Verwydering van instandhoudingsjabloneAfrikaansSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Sandra KotzéLys van Suid-Afrikaanse musikanteKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersPornhubEjakulasieAngina pectoris