As jy sing

Afrikaanse rolprent van 2013

As jy sing is 'n Afrikaanse rolprent wat op 12 November 2013 in Suid-Afrika vrygestel is. Die hoofrolle word deur Bobby van Jaarsveld en Leah van Niekerk vertolk. Die rolprent het goed by die loket gevaar en het sewe persent meer verdien in sy openingsnaweek as die vorige jaar se treffer, Semi-soet.[1]

As jy sing
RegisseurAndre Odendaal
ProduksieleierTascha van der Westhuizen
DraaiboekCorine Du Toit
Sandra Vaughn
MetBobby van Jaarsveld
Leah van Niekerk
Musiek deurJuan 'Floors' Oosthuizen
Devereaux Van Der Hoven-Oosthuizen
Johan Vorster
KinematografieJustus de Jager
RedigeerderC.A. van Aswegen
VerspreiderIndigenous Film Distribution
Uitgereik12 November 2013
Speeltyd1 uur 51 minute
LandSuid-Afrika
TaalAfrikaans
Amptelike webtuiste
IMDb-profiel

Genre

Die rolprent is 'n musiekblyspel. Dit het geen ouderdomsperk nie, maar ouerleiding word aanbeveel (taalgebruik).

Hoofrolspelers

Storielyn

Mnr. Conradie is 'n konvensionele musiek-onderwyser wat lewe vir sy sanggroep, die bekfluitjies. Die bekfluitjies verteenwoordig die verstotelinge van hulle sport-mal skool. Omstandighede forseer hulle om te baklei vir dit waarin hulle glo – hulle musiek – want as hulle sing, maak die lewe net meer sin!

Verwysings

Sien ook

Eksterne skakels