Antonio Abetti

Antonio Abetti (19 Junie 1846 - 20 Februarie 1928) was 'n Italiaanse sterrekundige.Hy is in San Pietro di Gorizia (Šempeter-Vrtojba) gebore, en het hy 'n graad in wiskunde en ingenieurswese aan die Universiteit van Padua behaal. Hy het in 1879 met Giovanna Colbachini getrou en het twee seuns gehad.[1] Hy het in Arcetri gesterf.

Antonio Abetti

Werk

Abetti het hoofsaaklik in posisionele sterrekunde gewerk en baie waarnemings gemaak van klein planete, komete en ster okkultasies. In 1874 was hy deel van 'n ekspedisie onder leiding van Pietro Tacchini om 'n oorgang van Venus met 'n spektroskoop waar te neem.[2] Later het hy direkteur van die Osservatorio Astrofisico di Arcetri geword, en 'n professor aan die Universiteit van Florence. Hy het die sterrewag in Arcetri opgeknap deur 'n nuwe teleskoop te installeer.

Erkennings

  • Lid van die Accademia dei Lincei.
  • Lid van die Royal Astronomical Society.
  • Die Albettikrater op die Maan na hom en sy seun Giorgio Abetti vernoem.
  • Die klein planeet 2646 Abetti is ook na Albetti en sy seun vernoem.[2]

Sien ook

Verwysings