António Guterres

António Manuel de Oliveira Guterres (Portugees: [ɐ̃ˈtɔnju ɡuˈtɛʁɨʃ]; 1949-) is 'n Portugese politikus en die huidige sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies (VN). Guterres was van 1995 tot 2002 die minister-president van Portugal en van 2005 tot 2015 die VN se Hoë Kommissaris vir Vlugtelinge in Genève.

António Guterres
António Guterres
António Guterres in 2016

9de Sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies
Ampsbekleër
Termynaanvang
1 Januarie 2017
ViseAmina Mohammed
Voorafgegaan deurBan Ki-moon

10de VN se Hoë Kommissaris vir Vlugtelinge
Ampstermyn
15 Junie 2005 – 31 Desember 2015
Voorafgegaan deurRuud Lubbers
Opgevolg deurFilippo Grandi

114de Eerste Minister van Portugal
Ampstermyn
28 Oktober 1995 – 6 April 2002
PresidentMário Soares
Jorge Sampaio
Voorafgegaan deurAníbal Cavaco Silva
Opgevolg deurJosé Manuel Barroso

Ampstermyn
November 1999 – Junie 2005
Voorafgegaan deurPierre Mauroy
Opgevolg deurGeorge Papandreou

Sekretaris-generaal van die Sosialistiese Party
Ampstermyn
23 Februarie 1992 – 21 Januarie 2002
PresidentAntónio de Almeida Santos
Voorafgegaan deurJorge Sampaio
Opgevolg deurEduardo Ferro Rodrigues

Persoonlike besonderhede
Gebore30 April 1949 (1949-04-30) (75 jaar oud)
Lissabon, Portugal
Politieke partySosialistiese Party
Eggenoot/-noteLuísa Guimarães e Melo (1972–1998)
Catarina Vaz Pinto (2001–hede)
Kind(ers)2
Alma materInstituto Superior Técnico
Handtekening

Biografie

António Guterres in 2003

Guterres is op 30 April 1949 in Lissabon gebore, waar hy 'n graad in elektriese ingenieurswese (cum laude) verwerf. Hy betoog nie saam met ander studente teen die regime van Antonio Salazar nie, maar was aktief by sosiale projekte betrokke.

In 1972 sluit Guterres by die Sosialistiese Party aan en word kort daarna 'n voltydse politikus. Ná die militêre staatsgreep van 1974 help hy sy party om te herorganiseer. In die jare daarna beklee hy verskillende funksies, onder andere as die party se sekretaris-generaal.

In 1995 wen hy die algemene verkiesing en word hy Portugal se minister-president. Hy was 'n gewilde leier en sy bewind is deur ekonomiese groei gekenmerk. Ná sy herverkiesing in 1999 taan sy gewildheid egter as gevolg van interne konflik in die party.

Die Sosialistiese Party verloor die verkiesing van 2002 en hy is deur José Manuel Barroso as premier opgevolg. Guterres was daarna tot Junie 2005 die president van Sosialistiese Internasionaal. Toe Ruud Lubbers die VN se Hoë Kommissaris vir Vlugtelinge in 2005 verlaat, is Guterres as sy opvolger verkies.

Guterres is op 5 Oktober 2016 deur die VN se Veiligheidsraad as Ban Ki-moon se opvolger aangewys. Hy lê die ampseed op 12 Desember 2016 af en fungeer vanaf 1 Januarie 2017 as die VN se sekretaris-generaal.

Publikasies

  • António Guterres Millions uprooted – Saving refugees and the displaced in Foreign Affairs, September/Oktober 2008

Eksterne skakels