Anatomie d'une chute

Anatomie d'une chute (Afrikaans: Anatomie van 'n val; Engelse titel: Anatomy of a Fall) is 'n Franse rolprent uit 2023 wat geregisseer en geskryf is (saam met Arthur Harari) deur Justine Triet.

Anatomie d'une chute
RegisseurJustine Triet
ProduksieleierMarie-Ange Luciani
David Thion
KinematografieSimon Beaufils
AteljeeLes Films Pelléas
Les Films de Pierre
Speeltyd150 minute
LandFrankryk
TaalFrans, Duits, Engels

Verhaal

Sandra is 'n Duitse skryfster wat in hegtenis geneem word op 'n aanklag van moord, nadat haar man onder verdagte omstandighede gesterf het. Tydens die gevolglike hofsaak probeer sy om haar onskuld te bewys.

Rolverdeling

Sandra Hüller as Sandra, met Swann Arlaud, Milo Machado-Graner, Jehnny Beth, Saadia Bentaieb en Samuel Theis.

Vervaardiging

Op 10 Julie 2021 meld Variety dat Les Films Pelleas en Les Films de Pierre die vierde film van Justine Triet, Anatomie d'une chute, sou vervaardig. Die draaiboek is geskryf deur Triet en Arthur Harari.[1] Die film word beskryf as "'n Hitchcockiaanse prosedurele riller". Dit is Triet se tweede samewerking met Sandra Hüller, na die rolprent Sibyl uit 2019.[2]

Verfilming het plaasgevind van Februarie 2022 tot 13 Mei 2022 in die Auvergne-Rhône-Alpes in Maurienne en Villarembert in die département Savoie, en in Montbonnot-Saint-Martin en Grenoble in die département Isère.[3] Verfilming is ook gedoen in Charente-Maritime en in Parys.[4]

Vrystelling en ontvangs

Anatomie d'une chute se première het op 21 Mei 2023 tydens die 2023 Cannes-rolprentfees plaasgevind,[5] waar dit met die Palme d'Or bekroon is.[6] Die rolprent het positiewe resensies ontvang van kritici.

Pryse en nominasies

JaarPrysKategorieGenomineerde(s)Uitslag
20232023 Cannes-rolprentfeesPalme d'OrJustine Trietgewen
Palme DogMessi[7]gewen

Verwysings

Eksterne skakels