An-Naml

An-Naml (Arabies: الْنَّمْل, "Die Rooimiere") is die 27ste soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 93 ajat, of verse, en is vermoedelik in Mekka aan Mohammed geopenbaar.

الْنَّمْل
  Soera 27 van die Koran  
KlassifikasieMekkaans
In ArabiesAn-Naml
In Afrikaans"Die Rooimiere"
Deel19-20
Ajat93

Dié soera begin met die allegoriese letters (muqattaʿat) Tô, Sien. Dit vertel verhale van die profete Moses, Salomo, Salieg en Lot om klem te lê op die boodskap van monoteïsme in Arabiese en Israelitiese profete. Die wonderwerke van Moses, wat in die Bybel in Eksodus vertel word, word genoem in teenstelling met die arrogansie en ongelowigheid van die farao.[1]

Die storie van Salomo bevat die meeste besonderhede: Hy het die Koningin van Skeba tot die "ware" geloof bekeer nadat hy gehoor het sy aanbid die son.[2] Die doel van die soera was waarskynlik om die rol van die "Kinders van Israel" onder die gelowiges in Mekka uit te lig, om die gelowigheid van die profete van die verlede te benadruk en aan te beveel, en om die huidige boodskap van die Koran van vroeëre tradisies te onderskei.[3]

Verwysings

Skakels

Vorige soera:
Ash-Shu'ara
Die KoranVolgende soera:
Al-'Kasas
Soera An-Naml

123456789101112131415161718192021222324252627282930313233343536373839404142434445464748495051525354555657585960616263646566676869707172737475767778798081828384858687888990919293949596979899100101102103104105106107108109110111112113114