Ambon

Ambon is 'n stad in Indonesië op die Ambon-eiland, en die hoofstad van die Molukke-provinsie. Dit dien ook as 'n belangrike hawe, en het 'n lughawe (Pattimura Internasionale Lughawe) en twee universiteite.

Ambon
Ambon


KaartWapen
Vlag
 LandVlag van Indonesië Indonesië
 Administratiewe gewesMolukke
 Oppervlakte: 
 - Totaal298.6 vk km
 Hoogte bo seevlak3 m
 Bevolking: 
 - Totaal (2014)368 987
 - Bevolkingsdigtheid1 200/vk km
 TydsoneUTC+7
 - SomertydUTC+8
 Amptelike webwerfhttp://www.ambon.go.id/

Ambon het as stad 5 gebiede (kecamatan): Nusaniwe • Sirimau • Teluk Ambon Baguala • Teluk Ambon • Leitimur Selatan

Geskiedenis

Ambon met Fort Victoria, in 1724 deur Valentyn geskets

Die stad is in 1526 deur Portugese seevaarders verower. Hulle bou Fort Victoria. In 1609 kom die Hollanders van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie daar aan. In ekonomiese opsig was die gebiede in Asië belowend (vir naeltjies) vir die Kompanjie, en gevolglik word Ambon 'n belangrike handelspos.

Die stad het konflik tussen Christene en Moslems beleef van 1999 tot 2004.

Burgemeesters

  • Nederlands-Indiese tyd: J.A.F. Schut (1926-1933); J. van Arkel (1933-1936); H. Scheffer (1935-1937); J.F. Dee (1937-1939); Dr. H.D. von Meyenfeldt (1939-1942).
  • Indonesiese tyd: Wattimena (1989); Sudiyono (1995); Tanasele (1999); Drs. Markus Jacob Papilaja (2003-nu).

Susterstede