Algiers

Algiers (Arabies: مدينة الجزائر, Berbers: دزاير, Frans: Alger) is die hoofstad en grootste stad van Algerië, 'n land in Noord-Afrika. Die stad beslaan 'n oppervlakte van 212,63 km² en het 'n bevolking van 2 195 051 in 2008 gehad. Dit lê in die noorde van die land, langs die kus van die Middellandse See.

Algiers
مدينة الجزائر
دزاير
Alger

KaartWapen
Voormalige wapen
 LandVlag van Algerië Algerië
 ProvinsieAlgiers
 Koördinate36°46′N 3°3′O / 36.767°N 3.050°O / 36.767; 3.050
 Stigting944
 Oppervlakte: 
 - Totaal212,63 vk km
 Hoogte bo seevlak10 m
 Bevolking: 
 - Totaal (2011)3 915 811
 - Bevolkingsdigtheid11 000/vk km
 - Metropolitaanse gebied7 896 923
 TydsoneUTC+1 (MEST)
 GoewerneurAbdelkader Seyouda
 BurgemeesterMohamed Kebir Addou

Die stad het 'n seehawe en 'n belangrike tekstiel- en leerindustrie. Daarnaas is dit veral 'n universiteitstad. Algiers bestaan uit twee dele: 'n moderne deel, wat aan die seekus gebou is, en die ou stad teen die steil heuwels.

Algiers is in 944 deur Buluggin ibn Ziri gestig. Hy was die seun van die stigter van die Ziriden-dinastie.

Etimologie

Nasa-Satellietbeeld van Algiers

Die stadnaam is afgelei van Frans en Katalaans Alger,[1] vanaf die Arabiese naam al-Jazāʾir (الجزائر), "die eilande". Dié naam verwys na die vier voormalige eilande wat voor die kus geleë was, voordat hulle in 1525 deel van die vasteland geword het. Al-Jazāʾir is op sy beurt afgelei van die stad se ouer naam Jazaʾir Banī Mazghanna (جزائر بني مزغانة), "die eilande van die seuns van Mazghana", gebruik deur vroeë Middeleeuse geograwe soos al-Idrisi en Yaqut al-Hamawi.

Die Antieke Grieke het na die stad verwys as Ikósion (Ἰκόσιον), wat onder Romeinse heerskappy as Icosium bekend was. Volgens die Grieke is dié naam afgelei van hul woord vir "twintig" (εἴκοσι, eíkosi), omdat die stad glo deur 20 metgeselle van Hercules gestig is, terwyl hy in die Atlasgebergte sy take verrig het.[2]

Algiers staan ook bekend as el-Behdja (البهجة, "Die vreugdevolle") of "Algiers die witte" (Alger la Blanche) weens sy witgekalkte geboue, wat vanaf die meer opstyg.

Verwysings

Eksterne skakels

  • Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Algiers.
  • (en) Toerisme-inligting oor Algiers op Wikivoyage
  • (en) "Algiers". Encyclopædia Britannica. Besoek op 20 Februarie 2020.