Alexander Cambridge, 1ste Graaf van Athlone

Alexander Augustus Frederick William Alfred George, die graaf van Athlone (Londen, 14 April 1874 - Kensington, Londen, 16 Januarie 1957) was 'n Britse militaris en goewerneur-generaal van die Unie van Suid-Afrika.

Alexander Augustus Frederick William Alfred George, die graaf van Athlone
Alexander Cambridge, 1ste Graaf van Athlone
Alexander Cambridge, 1ste Graaf van Athlone

16de Goewerneur-generaal van Kanada
Ampstermyn
21 Junie 1940 – 12 April 1946
MonargGeorge VI
Eerste ministerWilliam Lyon Mackenzie King
Voorafgegaan deurJohn Buchan
Opgevolg deurHarold Alexander

Ampstermyn
21 Januarie 1924 – 21 Desember 1930
MonargGeorge V
Eerste ministerJan Christian Smuts
Barry Hertzog
Voorafgegaan deurPrins Arthur van Connaught
Opgevolg deurGeorge Villiers

Persoonlike besonderhede
Gebore14 April 1874
Londen, Verenigde Koninkryk
Sterf16 Januarie 1957 (op 82)
Londen, Verenigde Koninkryk
Eggenoot/-notePrinses Alice, Gravin van Athlone
ReligieAnglikanisme

Militêre Diens
LojaliteitVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Diens/Tak Britse Weermag
Jare in diens1894–1923
RangGeneraal-majoor
Oorloë/VeldslaeTweede Matabele-oorlog
Tweede Vryheidsoorlog
Eerste Wêreldoorlog

Hy ontvang sy onderwys aan die beroemde skool Eton-kollege en die militêre kollege Sandhurst, waarna hy tot die Britse leër toetree. In 1896 neem hy deel aan die Matabele-oorlog in die teenswoordige Zimbabwe. Drie jaar later veg hy in die Anglo-Boereoorlog in Suid-Afrika en ontvang die D.S.O. Vanaf 1914 doen hy diens in die Eerste Wêreldoorlog en word in 1919 aide-de-camp van die Britse koning, wat hom in 1923 aanstel as goewerneur-generaal van die Unie van Suid-Afrika. Hy verlaat die Unie in 1931 en word die volgende jaar kanselier van die Universiteit van Londen. Van 1940 tot 1946 dien hy as goewerneur-generaal van Kanada en sterf in 1957.

Bronne

  • Albertyn, dr. C.F. (red.) 1962. Die Afrikaanse Kinderensiklopedie. Kaapstad, Bloemfontein, Johannesburg: Nasionale Boekhandel Bpk.
Voorafgegaan deur
John Buchan
Goewerneur-generaal van Kanada
1940–1946
Opgevolg deur
Harold Alexander
Voorafgegaan deur
Prins Arthur van Connaught
Goewerneur-generaal van Suid-Afrika
1924–1930
Opgevolg deur
George Villiers