Alblasserwaard

Die Alblasserwaard is 'n streek in die provinsie Zuid-Holland; 'n klein stukkie lê in die provinsie Utrecht.

Nr. 11 regs is die Alblasserwaard
Die Alblasserwaard naby Hoornaar
Die Alblasserwaard naby Bleskensgraaf
Die Alblas-riviertjie naby Oud-Alblas
Die dorp Noordeloos

Die Alblasserwaard is 'n landelike streek met baie weide, wat hom ongeveer anderhalwe meter onder seevlak bevind en grotendeels uit veen bestaan.

Hierdie streek word in die suide begrens deur die Beneden-Merwede- en Boven-Merwede-riviere, in die weste deur die Noord-rivier, in die noorde deur die Lek-rivier en in die ooste deur die Oude Zederik-rivier, die Merwedekanaal en die Linge-rivier.

Die nedersettings in die streek bestaan uit dorpies en gehuggies, behalwe Nieuwpoort en Gorinchem, wat is kleine stede. Sewe munisipaliteite is geleë in die Alblasserwaard, waarvan die munispaliteit Molenlanden die grootste deel beslaan.

Die streek se dialek word Alblasserwaards genoem, wat is 'n Hollandse dialek en wat baie lyk soos die naburige Vijfheerenlands.

MunisipaliteitInwoners
(2022)
Oppervlak
(km²)
Opmerking
Alblasserdam20.00010
Gorinchem37.00017'n Stukkie lê in die Tielerwaard-streek (ongeveer 5 km² met sowat 900 inwoners).[1]
Hardinxveld-Giessendam19.00019
Molenlanden45.000188'n Klein stukkie lê in die Vijfheerenlanden-streek (ongeveer 4 km² met nouliks inwoners).[2]
Papendrecht32.00011
Sliedrecht26.00014
Vijfheerenlanden [3]8.00020Dit betref slegs 'n stukkie wat in die Alblasserwaard-streek geleë is.[4]
Totaal187.000279

Naburige streke

KrimpenerwaardLopikerwaard (UT)
IJsselmonde Vijfheerenlanden (UT)
Eiland van Dordrecht,
Land van Heusden en Altena (NB)
Tielerwaard (GE),
Bommelerwaard (GE)

Verwysings

Eksterne skakels

  • Plaatsengids
  • Die midde van die Alblasserwaard: 51°53′N 4°50′O / 51.883°N 4.833°O / 51.883; 4.833