Albany is die hoofstad van die Amerikaanse deelstaatNew York. Die bevolking was 'n geskatte 99 224 in 2020. Die stad is aan die Hudsonrivier geleë, 232 km noord van New York Stad. Dit is die tweede oudste nedersetting in die oorspronklike 13 kolonies wat onafgebroke bewoon word. Die Nederlanders het hulle aanvanklik in 1624 hier kom vestig. Dit het die staatshoofstad geword in 1797. Die stad het twee universiteite wat in onderskeidelik 1844 en 1848 gestig is. 'n Jaarlikse tulpefees word hier gehou.