Al Maktoum Internasionale Lughawe

Al Maktoum Internasionale Lughawe (IATA: DWCICAO: OMDW, ook bekend as Dubai World Central, [4] is 'n internasionale lughawe in Jebel Ali, 37 kilometer suidwes van die stad Doebai, Verenigde Arabiese Emirate wat op 27 Junie 2010 geopen is. [1] Dit is in die hoofgedeelte van Doebai-Suid, 'n beplande residensiële, kommersiële en logistieke kompleks.

Al Maktoum Int. Lughawe
مطار آل مكتوم الدولي
Maṭār Āl Maktūm al-Duwalī
IATA: DWCICAO: OMDW
Opsomming
Tipe lughaweOpenbaar
EienaarDoebaise staatsbesit
OperateurDubai Airports Company
BedienDoebai
LiggingJebel Ali, Verenigde Arabiese Emirate
Geopen27 Junie 2010; 13 jaar gelede (2010-06-27)[1]
Spil vir
TydsoneVAE-standaardtyd (UTC+04:00)
Hoogte bo seevlak170 vt / 52 m
Koördinate24°53′17.80″N 55°9′37.36″E / 24.8882778°N 55.1603778°O / 24.8882778; 55.1603778
Webtuistewww.dubaiairports.ae
Landkaart
OMDW is in Verenigde Arabiese Emirate
OMDW
OMDW
Ligging in die Verenigde Arabiese Emirate
Aanloopbane
RigtingLengteOppervlak
mvt
12/304 50014 764Teer
Bronː UAE AIP[3]

Teen die verwagte voltooiing in 2027, sal die lughawe vervoermodes, logistiek en waardetoegevoegde dienste, insluitend vervaardiging en montering, in 'n enkele vry ekonomiese sone bevat.[5]  Dit sal 'n gebied van 14 000 hektaar beslaan. Die lughawe het 'n geprojekteerde jaarlikse kapasiteit van 12 miljoen ton vrag en tussen 160 miljoen [6] en 260 miljoen passasiers. [7] Sedert Mei 2019 bedryf slegs 'n handjievol lugrederye passasiersdienste vanaf Al Maktoum Internasionale Lughawe.

Bedrywighede

Al Maktoum Internasionale Lughawe is op 27 Junie geopen 2010 met een aanloopbaan en slegs vir vragvlugte. [1] Die eerste vlug na die lughawe was op 20 Junie 2010, toe 'n Emirates SkyCargo Boeing 777F geland het na 'n vlug vanaf Hongkong. Die vlug het gedien as 'n toets vir verskeie funksies soos lugverkeerbeheer, beweging van vliegtuie op die grond en sekuriteit. Emirates het die vlug as ’n "volslae sukses” beskryf. [8]

Op 24 Februarie 2011 is die lughawe gesertifiseer om passasiersvliegtuie met tot 300 passasiers te hanteer.[9] Die eerste passasiersvliegtuig het op 28 Februarie 2011 geland, 'n Airbus A319CJ. [10] Die lughawe het amptelik op 26 Oktober 2013 vir passasiersvlugte geopen met Nas Air en Wizz Air as die twee rederyre om vanaf die lughawe te vlieg. [11]

Passasiersgetalle van 410 278 is in die eerste helfte van 2016 aangeteken, 'n goeie verbetering op die 209 989 van die eerste helfte van 2015.[12]

Al Maktoum Internasionale Lughawe beoog om alle soorte vliegtuie te hanteer.[13] Tot vier vliegtuie kan gelyktydig land.

Die lughawe sluit die volgende in:

  • Drie passasiersterminale, insluitend twee luukse geriewe; een toegewy aan Emirates, die tweede aan ander diensverskaffers, en die derde toegewy aan laekostediensverskaffers
  • Veelvuldige loopvlakke
  • Uitvoerende en koninklike stralersentrums
  • Hotelle en winkelsentrums
  • Ondersteunings- en instandhoudingsfasiliteite: die streek se enigste spilpunt vir A-, B- en C-nasien op alle vliegtuie tot A380-spesifikasies

Al Maktoum Internasionale Lughawe sal gekoppel word aan die bestaande Doebai Internasionale Lughawe deur 'n voorgestelde hiperkringstelsel en 'n hoëspoed-spoorstelsel, asook deur die Doebai Metro en 'n toegewyde Dubai World Central ligte spoorlyn bedien word.

Die lughawe was aanvanklik beplan om ses aanloopbane te hê, maar hierdie aantal is tot vyf 4500 m parallelle aanloopbane verminder in April 2009, met 'n groot passasierskompleks in die middel. Verder sou elke aanloopbaan se geplaveide paaie aan weerskante verleng word, wat vliegtuie in staat stel om ander aanloopbane en taxibane te omseil sonder om vliegtuigbewegings van hierdie aanloopbane en taxibane te versteur. Doebai verwag 'n eksponensiële toename in passasiersverkeer oor sy lugruim, met die vermoede dat dit die primêre lugspilpunt sal word vir transitoreisigers vanaf die Asië-Stille Oseaan-streek, Suid-Asië, Groter Midde-Ooste, Afrika, Europa en Australië (vir die "Kangaroe-roete": Australië na Brittanje en terug).

Verskeie groot pakhuise en loodse is langs die westelikste deel van die lughawe te vinde. Hierdie onderling-gekoppelde loodse sal oor die volle lengte van die mees westelike aanloopbaan strek. Elkeen hiervan is in staat om A380-vliegtuie te huisves.

Die lughawe sal die Doebai Internasionale Lughawe, sowat 40 km hiervan, aanvul en ondersteun. Dit word omring deur 'n logistieke spilpunt, 'n luukse gholfoord, 'n handels- en uitstallingsfasiliteit met 3 miljoen vierkante meter uitstalruimte, 'n kommersiële distrik, en 'n woon- en hotelarea.[14]

Al Maktoum Internasionale Lughawe sal 'n totaal van 100 000 parkeerplekke hê vir motorvoertuie vir sy werknemers, inwoners van Doebai, toeriste en ander gebruikers.[15]

Verwysings

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.