Al-Burûj (Arabies: البروج, "Die Sterre") is die 85ste soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 22 ajat, of verse, en is vermoedelik in Mekka aan Mohammed geopenbaar.
Die naam van die soera kom uit vers 1: "By die sterbesaaide hemel".[1] Die titel word ook as "Die Groot Sterre" vertaal.[2] Die woord Al-Burûj is die meervoud van Burj, wat "fort" of "toring" beteken; iets wat van 'n afstand gesien kan word.
In die soera word vetrel van die vuur wat oor die vervolgers van die gelowiges gekom het. In vers 11 word die beloning van die gelowiges genoem. Laastens word Farao en Thamoed voorgehou as voorbeelde van wat gebeur as mense die Koran verwerp.