Airbus A350

Die Airbus A350 is 'n familie van langreik, tweemotorige wyerompstralervliegtuie wat ontwikkel en gebou word deur die Europese vliegtuigvervaardiger Airbus. Die A350 is die eerste Airbus waarvan beide die romp- en vlerkstrukture hoofsaaklik van koolstofveselversterkte polimeer gemaak word. [7] Dit kan 250 tot 350 passasiers in 'n tipiese drieklassitplekuitleg vervoer, of met sitplek vir 'n maksimum van 440-550 passasiers, afhangende van die variant.

Airbus A350

A300 · A310 · A318 · A320 · A330 · A340 · A350 · A380

Die nooiensvlug van die Rolls-Royce Trent-aangedrewe A350 op 14 Junie 2013
TipePassasiersvliegtuig
VervaardigerAirbus
Nooiensvlug14 Junie 2013[1]
Vrygestel15 Januarie 2015 (-900),[2] middel-2016 (-800) tot middel-2017 (-1000)[3]
StatusIn gebruik[4]
HoofgebruikersQatar Airways
Singapore Airlines
Cathay Pacific
Delta Air Lines
Vervaardig2010–tans
Aantal gebou480 teen 30 April 2022[5]
Programkoste€ 120 miljard
EenheidskosteA350-800: VS$ 260.9 miljoen,[6]
A350-900: VS$ 295.2 miljoen,[6]
A350-1000: VS$ 340.7 miljoen,[6]

Ontwerp

Die A350 is oorspronklik bedink in 2004 as 'n grootliks nuwe ontwerp, maar met 'n romp wat op die A330 gebaseer is. Dit is afgekeur deur meeste voornemende kliënte. Airbus het die vliegtuig herontwerp en dit herdoop na die A350 XWB (ekstra wyeromp). Airbus het gesê dat dit meer brandstofdoeltreffend sou wees as die mededingende Boeing 787 Dreamliner en die bedryfskoste tot 8% laer.[7]

Bekendstelling en verkope

Die bekendstellingskliënt vir die A350 was Qatar Airways, wat 80 vliegtuie van al drie variante bestel het. Ontwikkelingskoste word geprojekteer te wees € 120 miljard (VS$ 150 miljard of £ 100 miljard).[8]Teen 31 Mei 2015 het Airbus bestellings vir 780 vliegtuie van 40 verskillende kliënte oor die wêreld ontvang. Die prototipe-A350 se nooiensvlug was op 14 Junie 2013 by Toulouse-Blagnac-lughawe, Frankryk.[9] Die A350 verkry tipe sertifisering van die "European Aviation Safety Agency" in September 2014 en sertifisering van die FAA twee maande later.

Die eerste A350 is op 22 Desember 2014 aan Qatar Airways afgelewer, en op 15 Januarie 2015 in gebruik gestel. Teen Junie 2020 was daar drie operateurs van die A350 in Afrika, Ethiopian Airlines (14), Suid-Afrikaanse Lugdiens (4) en Air Mauritius (2)[10].

Teen April 2022 was daar 480 A350 vliegtuie in gebruik by 39 operateurs en 50 kliënte. Die vyf grootstes was Singapore Airlines (59), Qatar Airways (53), Cathay Pacific (43), Delta Air Lines (26) en Lufthansa (21).[5]

Tydlyn Airbus A3xx-reeks

197019801990200020102020
012345678901234567890123456789012345678901234567890123456789
A220
A300
A310
A318
A319 en A319neo
A320neo
  = In produksieA321 en A321neo
  = Uit produksieA330 en A330neo
  = ToekomsA340
  = Toekomstige modelleA350
A380


Verwysings

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.