Ahn Jae-hyung (Hangul: 안재형, Hanja: 安 宰 亨; gebore 8 Januarie 1965) is 'n voormalige manlike tafeltennisspeler van Suid-Korea wat deelgeneem het aan die 1988 Olimpiese Spele.[1][2]
Hy het in 1989 met die Chinese tafeltennis speler Jiao Zhimin getrou.[3] Die egpaar se seun, gholfspeler An Byeong-hun, het die jongste kampioen in die Verenigde State se Amateurkampioenskapgeskiedenis geword en die 2009-byeenkoms op 17-jarige ouderdom gewen.