Acteongroep

Ligging van Acteongroep op 'n kaart (Stille Oseaan)
Acteongroep
Acteongroep
Die ligging van die Acteongroep in die Stille Oseaan.

Die Acteongroep (Frans: Groupe Actéon) is ’n taamlik afgesonderde en onbewoonde subgroep atolle in die verre suidooste van die Tuamotu-argipel in Frans-Polinesië. Dit lê sowat 1 400 km oossuidoos van Tahiti.[1]

’n Kaart van die Acteongroep.

Atolle

Die groep bestaan uit vier klein atolle:

  • Matureivavao
  • Tenararo
  • Tenarunga
  • Vahanga

Geskiedenis

Die eerste bekende Europeër wat die eilande gesien het, was Pedro Fernández de Quirós, op 5 Februarie 1605. Hy het dit beskryf as "vier eilande gekroon met kokospalms". In verslae van ander lede van die Spaanse ekspedisie is die eilande "Las Cuatro Coronadas" (Die Vier Gekroondes), "Las Cuatro Hermanas" (Die Vier Susters), "Las Virgenes" (Die Maagde) en "Las Anegadas" (Die Oorstroomdes) genoem.[2]

Thomas Ebrill, kaptein van die Tahitiaanse handelskip Amphitrite, het die eilande glo in 1833 herontdek. Hulle het egter vier jaar later hul naam gekry van lord Edward Russell van die HMS Actaeon, wat dit na sy skip genoem het.

Administrasie

Die vier atolle val administratief onder die munisipaliteit Gambier.

Eksterne skakels

21°17′S 136°29′W / 21.283°S 136.483°W / -21.283; -136.483

Verwysings