AH Scorpii

AH Scorpii (afgekort as AH Sco) is 'n rooisuperreus en veranderlike ster wat in die sterrebeeld Skerpioen geleë is. Dit is een van die grootste en helderste sterre bekend in die Melkweg.

AH Scorpii
Die ligging van AH Sco (in die rooi sirkel).
Die ligging van AH Sco (in die rooi sirkel).
SterrebeeldSkerpioen
SpektraaltipeM4-5 Ia-Iab[1]
Soortrooisuperreus
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming17h 11m 17.01945s[2]
Deklinasie-32° 19′ 30.7140″[2]
Skynmagnitude (m)7,400±620[3]
Absolute magnitude (M)−5,8[4]
B-V-kleurindeks +2,57[5]
Besonderhede
Massa (M)10[6]
Radius (R)1 411±124[5]
Ligsterkte (L)330 000+270 000−150,000[5]
Temperatuur (K)3 450[7] - 3 682[5]
Afstand (ligjaar)7 400±620
Eienskappe
VeranderlikheidHalfgereeld (SRc)[1]
Ander name
AH Sco, AN 223.1907, GSC 07365-00527, HD 155161, HIP 84071, −32°12429, 2MASS J17111702-3219308, ens.[8]
Portaal  Portaalicoon  Sterrekunde

AH Sco se afstand is onseker, maar word geraam op sowat 7 400 ligjare.[6]

Eienskappe

AH Sco is 'n rooisuperreus wat in 'n stofwolk gehul is[9] en word geklassifiseer as 'n halfgereelde veranderlike ster met 'n hooftydperk van 714 dae. Die skynbare magnitude wissel tussen 6,5 en 9,6.[3] Geen lang sekondêre tydperke is al bespeur nie.[10]

Die ster se temperatuur is sowat 3 682±190 K en die ligsterkte 330 000+270 000−150,000 L. Die radius is bereken op 1 411±124 R en die afstand op sowat 7 400 ligjare.[5]

Verwysings

Skakels