8ste Dinastie van Egipte

Die 8ste Dinastie van Antieke Egipte (ook Dinastie VIII geskryf) was die tweede dinastie van ’n verwarrende periode bekend as die Eerste Oorgangstydperk. Dit word dikwels met die 7de Dinastie gekombineer vanweë die vinnige opvolging van farao's en die feit dat baie se regeringstydperke nie bekend is nie.

Die twee dinastieë het geduur van omstreeks 2181 tot 2160 v.C..

Heersers

Min is bekend oor die farao's van die 8ste Dinastie. Die bekendstes was:

Farao Troonnaam Bewind
Neferkare PepisenebMinstens een jaar volgens die Turynse Koningslys.[1]
Neferkamin Anoe
Qakare IbiTwee jaar, een maand en een dag volgens die Turynse Koningslys.[2] Bevestig in sy piramide by Saqqara.
NeferkaoereVier jaar en twee maande volgens die Turynse Koningslys,[2] bevestig in ’n verordening oor die tempel van Min.[3]
Chwiwihepoe NeferkaoehorTwee jaar, een maand en een dag volgens die Turynse Koningslys,[2] bevestig in ’n verordening oor die tempel van Min.[4]
Neferirkare IIEen en ’n half jaar volgens die Turynse Koningslys.[2]

Verwysings


Voorafgegaan deur
7de Dinastie
8ste DinastieOpgevolg deur
9de Dinastie