18 Scorpii

18 Scorpii is 'n ster wat sowat 14,13 ligjare van die Son af lê teen die noordelike kant van die sterrebeeld Skerpioen. Dit het 'n skynbare magnitude van 5,5,[2] wat helder genoeg is om buite stedelike gebiede met die blote oog te sien. Die ster beweeg verder weg van die Son teen 'n radiale snelheid van +11,6.[2]

18 Scorpii
Die ligging van 18 Scorpii (in die rooi sirkel)
Die ligging van 18 Scorpii (in die rooi sirkel)
SterrebeeldSkerpioen
SpektraaltipeG2 Va[1]
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming16h 15m 37.27028s
Deklinasie-08° 22′ 09.9821″
Skynmagnitude (m)5,503[2]
Absolute magnitude (M)4,77[2]
B-V-kleurindeks +0,64[3]
U-B-kleurindeks +0,18[3]
Besonderhede
Massa (M)1,03±0,03[4]
Radius (R)1,010±0,009
Ligsterkte (L)1,0438±0,0120
Ouderdom (jaar)2,9 miljard[5]
5,64 of 7,18 miljard
Temperatuur (K)5 817±4
Afstand (ligjaar)46,1
Metaalinhoud [Fe/H]0,04±0,024[6]
Ander name
BD-07°4242, GJ 616, HD 146233, HIP 79672, HR 6060, SAO 141066, GC 21864, CCDM 16156-0822[3]
Portaal  Portaalicoon  Sterrekunde

18 Scorpii het sekere fisiese eienskappe in gemeen met die Son, ook 'n G-tipe ster. Cayrel de Strobel (1996) sluit dit in in haar oorsig van sterre soortgelyk aan die Son,[7] en Porto de Mello & da Silva (1997) identifiseer dit as 'n "jonger tweeling" van die Son.[8][9] Sommige wetenskaplikes dink die kans is goed dat die ster planete met lewe kan hê.

Eienskappe

Die ouderdom van 18 Scorpii, wat hier gewys word in verhouding met dié van die Son en sy ouer tweeling, HIP 102152.

18 Scorpii is 'n hoofreeksster met 'n spektraalklassifikasie van G2 Va,[9] waar die ligsterkte, "V", aandui dit wek energie op deur die kernfusie van waterstof in sy kern. Sousa et al. (2008) het bereken sy metaalinhoud is sowat 1,1 keer dié van die Son, wat beteken die voorkoms van elemente swaarder as waterstof en helium is 10% groter.[10][11]

Die ster se radius, soos gemeet deur Bazot et al. (2011), is 101% dié van die Son. Ander berekenings dui op 102%.[12] Die wisseling van 18 Scorpii se helderheid oor sy hele stersiklus is 0,09%, omtrent dieselfde as die Son s'n gedurende onlangse sonsiklusse.[13] Die geraamde tydperk vir 18 Scorpii se aktiwiteitsiklus is sowat sewe jaar,[14] wat aansienlik korter as die Son s'n van 11 jaar is, en sy algemene chromosferiese aktiwiteitsvlak is merkbaar hoër.[13][15] Nes die Son, het dit 'n warm korona met temperature van sowat 1,5-2 miljoen K en 'n X-straal-ligsterkte van 8±1,5 ergs s-1.[16]

18 Scorpii is 'n jong ster van 2,9 miljard jaar en is nog nie in sy stabiele brandfase nie. Die Son, daarenteen, is 4,7 miljard jaar oud en in sy stabielste fase. Voorheen is geglo 18 Scorpii is 5 miljard jaar oud, maar nuwe berekenings in 2013 het aangedui dit is jonger as 2,9 miljard jaar.[17]

Soeke na planete

18 Scorpii is in September 2003 deur die astrobioloog Margaret Turnbull van die Universiteit van Arizona in Tucson geïdentifiseer as die belowendste kandidaat vir 'n planeet met lewe. Dit is 'n enkelster,[18] en het nie oortollige infrarooi-emissies wat andersins sou dui op die teenwoordigheid van ongekonsolideerde sirkumstellêre materie soos 'n puinskyf nie.[19]

In 'n verslag wat in April 2017 gepubliseer is, is 'n kandidaatplaneet ontdek wat om 18 Scorpii (HD 146233) wentel, met 'n wentelperiode van 2 529 dae,[20] maar studies in 2020 en 2023 het bevind die sein van radiale snelheid word geskep deur 'n stellêre aktiwiteitsiklus.[21][22]:38 In 2023 is bewyse van nog 'n kandidaatplaneet gevind, wat 'n superaarde is met 'n wentelperiode van 19,9 dae.[22]:38

Die 18 Scorpii-stelsel[22]
Planeet of skyf
(vanaf ster)
MassaHalwe lengteas
(AE)
Wentelperiode
(dae)
EksentrisiteitBaanhelling
(°)
Radius
(onbevestig)≥6,77±0,86 M19,8777±0,00620,38±0,16

Verwysings

Skakels