in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
18 Maart is die 77ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (78ste in skrikkeljare ). Daar volg nog 288 dae.
178 – Pous Julianus van Alexandrië volg Agrippinus as Patriarg van die Kerk in Alexandrië op.417 – Pous Zosimus volg Pous Innocentius I op.731 – Pous Gregorius III volg Pous Gregorius II op.1123 – Pous Callixtus II hou die Eerste Lateraanse Konsilie.1226 – Pous Honorius III verklaar William, aartsbiskop van York heilig.1229 – Sesde Kruistog : Heilige Romeinse Keiser Frederick II verklaar homself tot Koning van Jerusalem.1310 – Jacques Duèze (later Pous Johannes XXII ) word biskop van Avignon .1438 – Albert II van Habsburg word Koning van die Romeine in die Heilige Romeinse Ryk .1513 – Giovanni Maria Ciocchi del Monte (later Pous Julius III ) word aartsbiskop van Siponte Manfredonia.1686 – Vincenzo Maria Orsini , (Later Pous Benedictus XIII ) word Metropolitaanse aartsbiskop van Benevento (Italië).1715 – Vincenzo Maria Orsini, (Later Pous Benedictus XIII) word kardinaal-biskop van Porto e Santa Rufina.1751 – Pous Benedictus XIV publiseer Providas Romanorum teen Vrymesselary.1839 – Die Eerste Opiumoorlog breek uit.1921 – Die Pools-Sowjetoorlog, wat die grens tussen die Tweede Poolse Republiek en Sowjet Rusland bepaal, kom formeel tot ’n einde met die ondertekening van die Vrede van Riga.1921 – Die Kronstadt-rebellie word deur die Rooi Leër onderdruk. 1922 – Mahatma Gandhi word gevonnis tot ses jaar tronkstraf vir burgerlikeongehoorsaamheid.1965 – Ruimtevaarder Aleksei Leonof trek ’n ruimtepak aan en verlaat die Voskhod 2 ruimtetuig om die eerste persoon te word om in die ruimte te loop 1976 – Die Suid-Afrikaanse Vloot neem sy eerste duikboot , die SAS Maria van Riebeeck , in gebruik.1980 – Tropiese sikloon Kolia, suid van Madagaskar , veroorsaak buitengewone deinings langs die Natalse kus. Golwe so hoog as 5 meter stort oor die seewalle van Laer Marine Parade in Durban en rig groot skade aan.1988 – Die Hugenotetonnel op die N1 -hoofweg tussen die Paarl en Worcester (Wes-Kaap , Suid-Afrika ) word amptelik geopen.1496 – Maria Tudor , koningin van Frankryk († 1533 ).1733 – Friedrich Nicolai , Duitse skrywer en uitgewer († 1811 ).1834 – Marie Koopmans-de Wet , kampvegter vir Afrikanerregte, kultuurleidster en beskermvrou van die kunste († 1906 ).1837 – Grover Cleveland , die 22ste en 24ste President van die Verenigde State († 1908 ).1837 – Richard Maurice Bucke , Kanadese psigiater († 1902 ). 1858 – Rudolf Diesel , Duitse ingenieur en uitvinder († 1913 ).1869 – Neville Chamberlain , Britse politikus († 1940 ).1914 – Anna Scheepers , ’n Suid-Afrikaanse vakbondleier († 1999)1926 – Peter Graves , Amerikaanse akteur en regisseur († 2010 ).1928 – Fidel Ramos , Filippynse president (1992 - 1998).1931 – Jürgen Schadeberg , Duitsgebore Suid-Afrikaanse fotograaf en kunstenaar († 2020 ).1932 – John Updike , Amerikaanse skrywer († 2009 ).1936 – Frederik Willem de Klerk , Suid-Afrikaanse politikus (Nasionale Party ) en laaste blanke staatspresident († 2021 ).1945 – Susan Tyrrell , Amerikaanse aktrise († 2012 ).1947 – Stevo Crvenkovski , diplomaat van die Republiek van Masedonië († 2004 ).1950 – Brad Dourif , Amerikaanse akteur.1959 – Luc Besson , Franse filmregisseur en scenarioskrywer.1965 – Alan Winde , Premier van die Wes-Kaap .1970 – Suzan Anbeh , Duitse aktrise.1972 – Dane Cook , Amerikaanse akteur en komediant.1979 – Adam Levine , Amerikaanse sanger.1982 – Timo Glock , Duitse F1- en motorrenjaer.1993 – Urassaya Sperbund , Thai-Noorweegse aktrise.1997 – Rieko Ioane , Nieu-Seelandse rugbyspeler .1997 – Ciara Bravo , Amerikaanse aktrise en sangeres. 978 – Eduard die Martelaar , koning van die Angel-Saksiese Koninkryk Wessex in Engeland (* 962 ).1227 – Pous Honorius III , 177ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1148 ).1584 – Iwan die Verskriklike , tsaar van Rusland (* 1530 ).1768 – Laurence Sterne , Iersgebore Engelstalige romansier, en 'n Anglikaanse predikant (* 1713 )1928 – Paul van Ostaijen , Vlaamse digter (* 1896 ).1856 – Sir Henry Pottinger , Britse goewerneur van die Kaap die Goeie Hoop (* 1789 ).1949 – Billy Millar , Suid-Afrika se elfde Springbokkaptein (* 1883 ).1980 – Erich Fromm , Duits-Amerikaanse sielkundige (* 1900 ).2007 – Bob Woolmer , Engelse krieketspeler en -afrigter (* 1948 ).2009 – Moultrie Patten , Amerikaanse akteur (* 1919 ).2009 – Natasha Richardson , Brits-Amerikaanse aktrise (* 1963 ). 2016 – Guido Westerwelle , Duitse politikus (* 1961 ).2020 – Alfred Worden , Amerikaanse ruimtevaarder en ingenieur (* 1932 ).2024 – Hans Heese , Suid-Afrikaanse skrywer en genealoog (* 1945 ).Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae wysig bron