14de Dinastie van Egipte

Die 14de Dinastie (ook Dinastie XIV geskryf; omstreeks 1725-1650 v.C.) was ’n koningshuis van Antieke Egipte wat tydens die Tweede Oorgangstydperk oor die Nyldelta regeer het. Die dinastie se hoofstad was waarskynlik Avaris.[1] Die 14de Dinastie het saam met die 13de Dinastie regeer wat in Memphis gebaseer was. Die heersers was Kanaänities of Wes-Semities as ’n mens kyk na die oorsprong van die farao's se name soos Ipqu, Yakbim, Qareh en Yaqub-Har.[1] Soms word die 14de Dinastie beskou as deel van die Middelryk.

Die chronologiese posisie van die dinastie is onseker en verskil soms tot 75 jaar onder geleerdes.

Die meeste geleerdes stem saam dat ’n hongersnood of dalk ook plaag voorgekom het ná die baie kort bewind van Nehesy wat tot aan die einde van die dinastie kon geheers het.[1][2] Dieselfde hongersnood kon ook die 13de Dinastie geraak het. Die swak toestand van albei dinastieë kan deels verduidelik hoekom hulle geswig het voor die opkomende Hyksos-mag.[1]

Heersers

Volgens die Manetho-tradisie was daar tot 76 farao's in die 14de Dinastie. Die Turynse Koningslys noem egter net 56 en het nie genoeg plek om meer as 70 konings te lys nie.

Die presiese grense van die dinastie is nie bekend nie weens die tekort aan monumente wat behoue gebly het. Seels van die dinastie is egter gevind in Middel- en Bo-Egipte tot so ver suid as Dongola, onder die Derde Katarak van die Nylrivier. In die noorde is seels gevind tot in die Suid-Levant en die hedendaagse Libanon.[1] Dit dui op belangrike handelsbetrekkinge met Kanaän en Nubië.[1]

Die volgorde van die dinastie word aangegee deur die Turynse Koningslys en word algemeen aanvaar. Daar was nog vyf heersers voor hulle, volgens Ryholt.[1]

Farao Bewind Notas
Nehesy Aasehre1705 v.C.Bekendste koning van die dinastie; bekend uit twee monumente in Avaris. Sy naam beteken "Die Nubiër".[3]
Chacherewre1705 v.C.-
Nebefawre1704 v.C.Bewind: 1 jaar, 5 maande, 15 dae
SehebreBewind: 3 jaar [weg] maande, 1 dag
Merdjefaretot 1699 v.C.Bekend uit ’n enkele stele in die Delta[4]
Sewadjkare IIIBewind: 1 jaar
Nebdjefaretot 1694 v.C.-
Webenre-
OnbekendWeg op die Turynse Koningslys
[...]djefare-
[...]webenretot 1690 v.C.-
Awibre II-
Heribre-
Nebsenre-
Onbekendwsf op die Turynse Koningslys
[...]re-
Secheperenre-
Djedcherewre-
Sanchibre II-
Nefertoem[...]re-
Sechem[...]re-
Kakemoere-
Neferibre-
I[...]re-
Chakare-
Akare-
Hapoe[...] Semenenre-
Anati Djedkare-
Bebnoem [...]kare-
OnbekendAgt reëls op die Turynse Koningslys
Senefer...re-
Men[...]re-
Djed[...]re-
OnbekendDrie reëls weg
Ink [...]-
'A[...]-
Apophis I (?)-
OnbekendVyf reëls weg

Daar is ook verskeie ander konings moontlik uit die 14de[1] of 15de Dinastie[5] wat bekend is uit artefakte uit hul tyd, maar wat nie op die Turynse Koningslys genoem word nie.

Verwysings


Voorafgegaan deur
13de Dinastie
14de DinastieOpgevolg deur
15de Dinastie