100 meter Leeuloop

is 'n Afrikaanse rolprent wat op 15 Maart 2013 vrygestel is. Die regisseurs was Diony Kempen en Robbie Wessels. Robbie se broer, Hamilton Wessels het die draaiboek geskryf.

100 meter Leeuloop is 'n Afrikaanse rolprent wat op 15 Maart 2013 vrygestel is. Die regisseurs was Diony Kempen en Robbie Wessels. Robbie se broer, Hamilton Wessels het die draaiboek geskryf.

100 meter Leeuloop
RegisseurDiony Kempen en Robbie Wessels
Produksieleier"Coleske Artists"
DraaiboekHamilton Wessels
MetRobbie Wessels
Hanna Grobler
Emo Adams
Annette Engelbrecht
VerspreiderSter-Kinekor
Uitgereik15 Maart 2013
Speeltyd1 uur 34 minute
LandSuid-Afrika
TaalAfrikaans
Amptelike webtuiste

Genre

Die rolprent is 'n komedie. Dit het 'n OL-ouderdomsperk (ouerleiding).

Hoofkarakters

Storielyn

Manie is 'n musikant en fanatiese ondersteuner van die sanger, danser en leeuloper Ronnie Wentzel. Manie word as een van vyf finaliste in 'n kompetisie gekies en moet kragte met die ander vier meet. Daar is Pieter Platina, die platanna-boer; Ray Mac, die ritmiese "raver"; Fanie Venter, ’n man wat op sy dag graag Venter-sleepwaentjies gesteel het en Petros Petros Malie, 'n "peashooter"-kampioen. 'n Deelnemer word uit die kompetisie gegooi as gevolg van die gebruik van verbode middels en die karakter Harregat Harighol en die twee aanbieders van die sportprogram Bol-'n-All, Gazi en Dopi, sorg vir nog onvoorspelbare gebeure.

Sien ook

Eksterne skakels