’n Saak van geloof

(Aangestuur vanaf 'n Saak van geloof)

’n Saak van Geloof is ’n Afrikaanse rolprent wat op 9 September 2011 in teaters dwarsoor Suid-Afrika begin draai het. Die film is in Prins Albert in die Karoo geskiet. Die regisseur is Diony Kempen (die is haar debuutrolprent).[1]

’n Saak van Geloof
RegisseurDiony Kempen
ProduksieleierCamel Nayanah
DraaiboekJaco Botha, Diony Kempen
MetRobbie Wessels
Lelia Etsebeth
Vanessa Lee
Michael Brunner
Niekie van den Berg
Reana Nel
Musiek deurAndré Kempen
AteljeeAristocept
VerspreiderIndigenous Film Distribution
Uitgereik9 September 2011
Speeltyd90 minute
LandSuid-Afrika
TaalAfrikaans
Amptelike webtuiste

Genre

Die rolprent is ’n drama. Dit het geen ouderdomsperk nie, maar ouerleiding word aanbeveel.

Hoofrolspelers

en andere.

Storielyn

Die mense in ’n Karoodorpie reageer met skok toe ’n jong meisie aankondig dat sy swanger is, maar dat dit ’n vleklose ontvangenis is. Die plattelandse gemeenskap word dan met alles waarin hulle glo gekonfronteer. Die rolprent is op ’n manier ’n hedendaagse hervertelling van die Christus-verhaal, en ’n versugting na ’n tyd toe wonderwerke nog aan die orde van die dag was.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels